Loader

Muesli Crunchies

2020-05-17
Average Member Rating

forkforkforkforkfork (4.8 / 5)

4.8 5 6
Rate this recipe

fork fork fork fork fork

6 People rated this recipe

Related Recipes:
  • Melktert

  • Ouma se skoenboks krismiskoek

  • Vrystaatse Melktert

  • Bierbokskoek

  • Ryk vrugtekoek met stroop

Baie maklik om te maak. Lekker gesonde peuselhappie, jy gaan die resep weer en weer probeer, almal gaan dol wees hieroor. Hou die koekblik vol

250g botter
2 el gouestroop
2 kop hawermout
1 kop koekmeel
1 kop Muesli – jou gunsteling geur, ek verkies die stukkies neute en vrugte by
1 kop bruinsuiker
1 tl koeksoda

Voorverhit oond 180 C

Smeer 30 x 20cm pan ligggies met botter

In ‘n lekker groot mengbak, voeg hawermout, koekmeel en meusli, meng goed deur
In ‘n medium kastrol smelt botter, voeg stroop en suiker by en roer tot suiker opgelos is en begin borre
Verwyder van die plaat en voeg koeksoda by, roer vinniig deur
Giet oor hawermout en muesli mengsel terwyl jy aan hou deurroer tot goed gemeng
Skep oor in oondbak, maak eierspaan nat met kookwater en versprei die mengsel ewewredig in die pan.
Druk mooi vas

Bak in voorverhitte oond 180 C vir 15 Min, draai hitte af na 160 C en bak vir verdere 10 min tot goudbruin

Haal uit oond en laat afkoel in oondbak voor jy in blokkies opsny.




Leave a Reply

Kom Vry saam en ontmoet jou Lewensmaat!