Mieliebrood in ‘n shopping bag
2013-06-27- Cuisine: Boerekos Resepte
- Course: Bygeregte
- Skill Level: Maklik
Average Member Rating
(4.3 / 5)
4 People rated this recipe
2,699Related Recipes:
Probeer gerus weer die broodjie vir jou volgende potjie of braai:
Bestanddele
1 kg koekmeel
2 eet lepels sout
Half koppie suiker
1 pakkie kits gis (anchor dry yeast)
1x 410 g sweetcorn pit mielies
1x 410 g sweetcorn cream style mielies
half koppie water
So gemaak:
Meng al die droë bestanddele saam in mengbak
Gooi nou die pit mielies met water in asook die cream style mielies en begin die spul te meng.
Voeg nou die half koppie water by en meng totdat die deeg soos die deeg in die winkels is nie te veel water nie.
Plaas dit in`n sak, knoop lossies toe en plaas laastens in `n groot swartpot.
Maak die pot halfvol met louwarm water. Bedek. Verhit die water tot kookpunt en stel die plaat dan op sy laagste.
Prut 2 uur lank oor stadige hitte. (Vul die water in die pot aan tot halfvol indien nodig).
Toets of die brood gaar is deur `n toetspen in die middel van die brood in te steek.
Dit sal skoon uitkom as die brood reg is. Bedien saam met potjie of braaivleis of sommer net saam met botter en konfyt.
Lewer `n groot brood.
.