Mango en Pruimedant Blatjang
2011-03-28- Course: Preserveer
- Skill Level: Maklik
Average Member Rating
(5 / 5)
3 People rated this recipe
1,201Related Recipes:
Bestanddele:
1.5kg ryp pruime, gewas, gehalveer en ontpit
2 groot mango’s gesny in blokke
knypie gemaalde neutmuskaat
750ml asyn
1tl gemaalde gemmer
1 tl gemengde speserye
1 tl fyn kaneel
1 tl droë mosterd
2.5ml brandrissie poeier
knypie gemaalde naeltjies
2 kop pitlose rosyne
600g appels geksil, ontpit en in stukke gesny
2 kop suiker
500g wortels, geskil en grof gerasper
30ml sout
3 uie, geskil en gekap
So gemaak:
Voeg asyn en speserye in ‘n groot kastrol en bring tot kookpunt.
Voeg al die oorblywende bestanddele by bring weer tot kookpunt.
Draai die hitte af nadat kookpunt bereik is en kook oor ‘n lae temperatuur vir 2½ uur
Roer kort kort sodat die mengsel nie aanbrand nie.
Kook tot dik.
Haal dit van die stoof af en gooi ‘n vadoek oor die pot. Laat goed afkoel.
Skep in gekookte ,gesteriliseerde botteltjies.
Vir beste resultate gebruik eers na ‘n maand.