Loader

Malvalekker Koelkastert:

2014-05-01
Average Member Rating

forkforkforkforkfork (4.6 / 5)

4.6 5 9
Rate this recipe

fork fork fork fork fork

9 People rated this recipe

Related Recipes:
  • Melktert

  • Ouma se skoenboks krismiskoek

  • Vrystaatse Melktert

  • Bierbokskoek

  • Ryk vrugtekoek met stroop

Kors:
200g Tennisbeskuitjies,
125ml gesmelte margarien,
15ml suiker.

Vulsel:
1 blik(397g) kondensmelk,
125ml suurlemoensap,
12 verglansde kersies,
150g malvalekkers,
250ml verkilde room,
5ml vanielje geursel,
100g (125ml) pynappelstukke (fyn),
ekstra malvalekkers vir versiering.

Gooi die kondensmelk in ‘n groterige mengbak.
Voeg die suurlemoensap by en klits die mengsel totdat dit dik word.
Sny die kersies en malvalekkers in kwarte en vou dit in die kondensmelkmengsel in.
Klits die room en vanielje saam totdat dit styf is en voeg dit by die kondensmelkmengsel.
Meng goed en roer die pynappelstukke by.
Skep mengsel in kors, versier met fyn gesnipperde malvalekkers en plaas dit oornag in die yskas.

*Riana Zeelie via Facebook Boerekos Kookengeniet *

Comment (1)

  1. posted by LETTIE SCHOEMAN on January 4, 2016

    EK SAL BAIE GRAAG DIE RESEP WIL PRINT. DIT LYK HEERLIK

Leave a Reply

Kom Vry saam en ontmoet jou Lewensmaat!