Maklike Sago Poeding
2014-07-05- Cuisine: Boerekos Resepte
- Course: Nagereg
- Skill Level: Maklik
- Add to favorites
Average Member Rating
(3.6 / 5)
72 People rated this recipe
Related Recipes:
My ouma se maklike sago resep. :
Bestandele :
1 L Melk.
250 ml Sago.
1 ml Sout.
10 ml Vanilje geursel.
4 Eiers geskei.
12,5 ml Botter of Margarine.
1 Eetlepel Appelkoos konfyt.
4 Eetlepel suiker
METODE. :
Week die sago in 250 ml water en dreineer.
Kook 250 ml melk met 12,5 ml botter.
Voeg sago by kookende melk.
Roer en kook sago tot deurskynend.
Voeg suiker en sout by.
Klits eier geele en oortolige melk saam.
Voeg die mengsel by die mengsel in die pot by.
Roer tot verdik.
Voeg vanilje en konfyt by.
Haal pot van die stoof af.
Klits die eierwitte tot styf.
Voeg by in pot en vou in.
Gooi die mengsel uit in ‘n bak en sit in die yskas tot koud.
Geniet.
*Martin Botha via Facebook Boerekos Kookengeniet *