Loader

Maalvleis en Sampioen Pasta Sop

2014-08-04
Average Member Rating

forkforkforkforkfork (3.8 / 5)

3.8 5 5
Rate this recipe

fork fork fork fork fork

5 People rated this recipe

Related Recipes:
  • Koue Komkommer Sop

  • Boontjiesop en spek

  • Outydse bonesop met broodkluitjies

  • Beesvleis met ertjie, lensie en gort sop

  • Boontjiesop van Kathu 

‘n Welkome winters trooskos …’n pot borrelende geur-verpakte sop

1 kg bees maalvleis
1 medium ui, gekap
1/2 teelepel gedroogde tiemie
3 el botter
3 el kookolie
swart peper na smaak
1 el aromat
1 el tamatie puree
3 knoffelhuisies, gekneus en fyn gekap
1 pakkie sampioen stukke gesny
halwe koppie rooiwyn
250g lintnoedels
1 blokkie aftreksel van jou keuse, aangemaak met koppie water
1 koppie kookwater
droog pietersielie

In ‘n lekker groot kastrol, verhit olie en botter.
Braai uie tot deurskynend, gooi tiemie en knoffel by, roerbraai bietjie en gooi maalvleis by, braai oor matige hitte tot bruin en sappig, moenie baie karring nie.
Gooi sampioene en aromat by, braai geurig saam.
Giet rooiwyn en aftreksel en een koppie kookwater by, prut alles saam vir 20 min.
Gooi nou by, jou lintnoedels, tamatie puree, peper na smaak.
Bedek met genoeg kookwater dat noedels mooi onder water en bedek is.
Sit deksel op. Prut op laagste stelling vir 30 min. Roer af en toe.

Bedien lekker warm, sprinkel met pietersielie, sit voor met vars broodjies of rolletjies van jou keuse

Recipe Type: Tags: , , , , , Ingredients:

Leave a Reply

Kom Vry saam en ontmoet jou Lewensmaat!