Lekker heel skaapskenkels in die oond

2014-02-09
Average Member Rating

forkforkforkforkfork (2.6 / 5)

2.6 5 21
Rate this recipe

fork fork fork fork fork

21 People rated this recipe

8,844
Related Recipes:
  • Sondagmiddag Lamsboud

  • Staan Ribbetjie

  • Skaapnek en Groenboontjie bredie

  • Lamsvleis Breyani

  • Oondgebakte Skaapkop

6-8 skaapskenkels – baie lekkerder as elkeen sy eie skenkel kry

Marineer sous:

3 groot uie fyn gesny
halwe kop blatjang
halwe teelepel fyn gemmer
6 huisies knoffel, gekneus
4 el heuning
halwe kop bruin asyn
halwe kop tamatiesous- goeie gehalte
4 el appelkooskonfyt
blokkie biefekstrak
1 tl mosterdpoeier
mespunt fyn naeltjies
mespunt neutmuskaat
1 tl tiemie
sout en peper na smaak
halwe kop sjerrie

Braai die uie en knoffel in ‘n klein bietjie olie tot sag en voeg die ander bestanddele by.
Prut stadig vir sowat ‘n halfuur en roer.
Plaas die skenkels in ‘n oondbak en giet die marinade bo- oor. Maak die bak toe en los oornag in ‘n oond gestel op 100C.
Voor opdiening, bedruip weer en plaas vir 20 minute oop in ‘n baie warm oond 220C.
Draai ná tien minute en bedruip weer

*Cornelis Olivier via Facebook Boerekos Kookengeniet *

Leave a Reply

Kom Vry saam en ontmoet jou Lewensmaat!