KRUIEMAALVLEIS MET AARTAPPELBOLAAG

2011-07-22
Average Member Rating

forkforkforkforkfork (4.6 / 5)

4.6 5 7
Rate this recipe

fork fork fork fork fork

7 People rated this recipe

2,783
Related Recipes:
  • Alna se Bobotie met ‘n degie

  • “Sloppy Joe” Boepensies

  • Bielie van ‘n ‘Brekfis Bakkie’

  • Bobotie Pot Pasteitjies

  • Kerrie Bakkies

Maalvleis

Bietjie olie

1 Ui Gekap

1 Knoffelhuisie, gekneus

2 Selderystingels, fyn gekap

1 Wortel Geskil en in skyfies gesny

700 G Beesmaalvleis

1 Teel Komyn

1 Teel Gemaalde koljander

1 Eetl Tamatiepuree

1 Blik Gekapte tamaties

2 Koppies Hoenderaftreksel

 

 

 

Aartappelbolaag

4 Groot Aartappels, geskil en in blokkies gesny

2 Eetl Botter

3 Eetl Melk

Knippie Brandrissiepoeier

2 Eetl Vars koljanderblares, gekap

Sout en gemaalde swartpeper

Stel oond op 180C.

Maalvleis : Verhit olie in kastrol en soteer ui, knoffel,seldery en wortel tot ui net sag is. Voeg maalvleis by en braai tot gaar en los van mekaar. Voeg oorblywende bestanddele by, kook oor lae hitte, sonder deksel, vir 40 minute of tot vloeistof redelik verdamp het. Skep in gesmeerde oondbak.

Bolaag : Kook aartappels in soutwater tot sag. Dreineer water en druk aartappels saam met botter, melk, brandrissie en koljander tot fyn en glad. Voeg sout en peper na smaak by. Skep aartappels op maalvleismengsel, maak gelyk en bak 30 minute of tot deurwarm en goudbruin bo-op.

.

Leave a Reply

Kom Vry saam en ontmoet jou Lewensmaat!