Loader

Kortpad Sjokolade-Karamel Mint Pankoek

2021-11-27
Average Member Rating

forkforkforkforkfork (5 / 5)

5 5 1
Rate this recipe

fork fork fork fork fork

1 People rated this recipe

652

Sonder fierjasies. Die koek is klam en heerlik, vinnig om aanmekaar te sit vir onverwagste soettand verspoekkies

500g Snowflake Easymix Chocolate Muffin Mix
1 tl kits koffiepoeier
3 groot eiers – kamertemperatuur – geskei
200 ml kookolie
100 ml water
100 ml melk

*bietjie ekstra melk

Versiersel:
1 blikkie Karamel Kondensmelk
1 groot blok Pepermint Crisp Sjokolade

1 x 500 g versiersuiker- gesif
200 g sagte botter (Rama/Stork) werk ook baie goed
3 el opgehoopte kakao poeier
50 ml melk
2 tl vanielje geursel

.
In n groot mengbak, room die botter tot lig en donserig
Voeg die gesifte versiersuiker en kakao by, dan die melk
Klits als saam tot lig, voeg geursel by, klits tot romerig

Metode
Voorverhit oond 180°C

In ‘n lekker groot mengbak, klits eiergele en koffiepoeier goed saam

Voeg by:
200 ml kookolie
100 ml water
100 ml melk

Om die beurt voeg Muffin Mix geleidelik by tot gladde beslag, moenie te veel karring nie,
Voeg nog bietjie melk by indien nodig vir ;n gladde deeg

Klits eierwit styf tot punte vorm, vou by beslag in

Giet in voorbereide oondpan en bak in voorverhitte oond 30-35 min

Laat BAIE goed afkoel in pan

Maak kante los, skuk liggies tot koek los kom
Dop versigtig op ‘n skoon doek uit
Sny koek lengte gewys in die helfte deur
Plaas boonste helfte terug in pan
Klop Karamel glad met ‘n vurk en smeer die blikkie karamel oor

Plaas boonste gedeelte terug, versier met botterversiersel
Krummel Shokolalde bo-oor

Leave a Reply

Kom Vry saam en ontmoet jou Lewensmaat!