Korslose melktert

2008-11-27
Average Member Rating

forkforkforkforkfork (4.6 / 5)

4.6 5 8
Rate this recipe

fork fork fork fork fork

8 People rated this recipe

5,451
Related Recipes:
  • Piesang en Amarula Kolwyntjies

  • Brownies

  • Bobaas Melktert met Smeerkors

  • Sjokolade Karamel Koek met Oemf !

  • Muesli Crunchies

1 liter melk
halwe kaneelstokkie
skil van n suurlemoen of lemoen
45 ml botter
250 ml koekmeel
250 ml suiker
1 ml sout
7,5 ml bakpoeier
4 eiers, geskei
2,5 ml amandelessens
10 ml fyn kaneel

Metode:

Verhit melk, kaneel, suurlemoenskil en botter tot kookpunt en laat 20 minute trek. Meng meel, suiker, sout en bakpoeier. Dreineer melkmengsel en voeg by die eiergele. Klop melkmengsel by die meelmengsel. Voeg amandelessens by. Plaas mengsel terug op die stoof en verhit oor matige hitte tot kookpunt. Roer met n houtlepel. (Moenie bekommerd wees as n paar klonte vorm nie, klits dit glad met ‘n klitser nadat u die eierwitte geklop het.)

Smeer tertbak mildelik met sagte botter. Sprinkel met brood-, koekie- of beskuitkrummels (of gebruik hawermout, muesli of wat ook al beskikbaar is). Klop eierwitte met n druppel asyn of suurlemoensap tot dit hul vorm behou en sagte punte vorm. Klits melktertmengsel om klonte te verwyder. Vou eierwitte in die tertmengsel en gooi in tertbak(ke). Sprinkel met kaneel. Bak 25-35 minute by 190C . Skakel die oond af en laat 15 minute in die warm oond afkoel. Sit warm of by kamertemperatuur voor, sif versiersuiker oor indien verkies

Leave a Reply

Kom Vry saam en ontmoet jou Lewensmaat!