Loader

Konfyt Vierkante

2011-07-17
Average Member Rating

forkforkforkforkfork (4.2 / 5)

4.2 5 13
Rate this recipe

fork fork fork fork fork

13 People rated this recipe

Related Recipes:
  • Spesery Sjokoladekoekies

  • Wortelmuffins met roomkaasversiersel

  • Piesang en Amarula Kolwyntjies

  • Milo-koekies

  • Biltong en Kaas Rots Beskuitjies

 

Wat het jy nodig:

1 1/2 kop witsuiker

1 kop sagte botter

4 1/2 kop koekmeel

4 tl bakpoeier

1 tl vanilje geursel

2 groot eiers

handjie vol korente

Fyn Gerasperde Suurlemoenskil, so 2 eetlepels vol

1/2 kop marmelade konfyt

1 koppie appelkoos konfyt

Voorverhit oond by 180 C

 

So gemaak:

In ‘n lekker groot mengbak, gooi suiker in, vat die onderkant van bottel maak suiker fyn as wat kan..(nie poeier nie)

Room nou die botter saam suiker

Voeg eiers, vanilje by klop goed

Sif droe bestanddele saam, vou by bottermengsel in

Maak lekker bol, maak toe met plastiek, laat staan vir 30 min

Poeier werkopplerval met koekmeel,

Breek, 1/4 stuk van die deeg af, hou eenkant in yskas

Rol nou die ander deeg so 3 mm uit,, en druk in gesmeerede oondpan vas.

Smeer die konfyt mooi egalig oor die deeg, versprei korente eweredig, sprinkel met suurlemoenskil..

Rasper ootollige deeg mooi bo-oor die konfyt.

Bak vir 20 min by 180 C

Sny in blokke terwyl nog warm..

Bere in ligdigte houer

.

Leave a Reply

Kom Vry saam en ontmoet jou Lewensmaat!