Loader

Kondensmelk Suurlemoen Yskastert

2018-06-17
Average Member Rating

forkforkforkforkfork (4.2 / 5)

4.2 5 49
Rate this recipe

fork fork fork fork fork

49 People rated this recipe

Related Recipes:
  • Melktert

  • Vrystaatse Korslose Melktert

  • Kersfees pennie-poeding

  • Kersfees Doekpoeding

  • Waatlemoen Kersfees Koek

‘n Regte Staatmaker, dit is regtig lekker
(Maak 1 x 23cm ronde tert)
.
Vir die kors
1 pakkie tennisbekuitjjies
½ pakkie gemmerkoekies
125 g botter

Vir die vulsel:
1 blik kondensmelk
sap van 2 suurlemoene
450g ongegeurde Yoghurt
2 pakkies suurlemoenjellie
250 ml kookwater
½ tl vanilla essence

*geklopte room – opsioneel vir versiering

Basis:
Krummel die koekies fyn tot jy broodkrummel effek het
Smelt die botter
Voeg die koekieskrummels by, meng deur
Gooi die krummels uit in tertpan
Druk die krummels vas
Met die agterkant van ‘n lepel druk halfpad op tot teen die kante van die tertpan vas
Plaas in die yskas vir 40 min

Vulsel:
Gooi jelliepoeier in ‘n klein bakkie
Voeg vanilla by die kookwater en giet oor die jelliepoeier , roer tot opgelos en laat afkoel
Giet die kondensmelk in ‘n bak en voeg die suurlemoensap geleidelik by terwyl jy aanhou klits tot die melk verdik
Voeg die jogurt by en vou in
Laastens voeg die afgekoelde jellie by en meng goed deur, maar nie teveel karring nie
Giet stadig in die krummebasis, versprei liggies eweredig
Plaas in die yskas vir ‘n paar uur
As jy kies, kan jy die lekker styfgeklopte room opsit voordat dit bedien word

Leave a Reply

Kom Vry saam en ontmoet jou Lewensmaat!