Koffiesjok Poeding

2014-09-28
Average Member Rating

forkforkforkforkfork (5 / 5)

5 5 1
Rate this recipe

fork fork fork fork fork

1 People rated this recipe

1,818
Related Recipes:
  • Wortel & Vanilla Sponspoeding

  • Koffie & Cream Malvapoeding

  • Kondensmelk Suurlemoen Yskastert

  • Traditionele Melksnysels

  • “Jam Donuts” – Oliebolle

Koffie en sjokolade 2 van jou gunstelinge, dan is die poeding vir jou…. hemels, hemels

Bestanddele:(genoeg vir 4-6 porsies)

1 kop bruismeel
2 jumbo eiers, geskei
halwe kop witsuiker
1 opgehoopte el kakao poeier
1 opgehoopte tl bakpoeier
sout – so mespunt
100ml kookolie
100ml kookwater
5ml vanielje

Metode:

Voorverhit oond 180°C

Klits eiergele en suiker goed tot lig en donsig.
Sif die droë bestanddele saam en voeg by suiker mengsel.
Gooi olie, kookwater en vanielje by suiker mengsel.
Meng tot glad.Klits eierwitte styf. Vou eier witte in
Skep in ’n gesmeerde oondbak.
Bak in vooraf verhitte oond op 180°C vir 40 minute.

Stroop

1 kop witsuiker
halwe kop water
250 ml vars room
1 tl vanieljegeursel
1 tl koffiepoeier
10 blokkies donker sjokolade

Metode:

Kook suiker, room , water en koffie poeier saam vir 5 minute,
Gooi sjokolade stukke by, roer aanhoudend tot als gesmelt is
Haal af van plaat, gooi vanielje by.
Gooi oor poeding as dit uit die oond uitkom.
Laat staan om af te koel en bedien met vars room of tuisgemaakte dik vla.

Leave a Reply

Kom Vry saam en ontmoet jou Lewensmaat!