Koeksisters

2006-12-09
Average Member Rating

forkforkforkforkfork (4 / 5)

4 5 11
Rate this recipe

fork fork fork fork fork

11 People rated this recipe

6,294
Related Recipes:
  • Katjiebotter en Klapper Fudge

  • Traditionele Melksnysels

  • Japtrap Biltong

  • Oondgebakte Skaapkop

  • Kaiings met Mieliepap

Stroop:

1L (4 k) Suiker
375ml (1 ½ k) Water
2.5ml (½ t) Kremetart
2.5ml (½ t) fyn Gemmer
Twee stukke heel Kaneel
5 tot 10 ml (1 tot 2 t) Gliserien

Deeg:

1 L (4 k) Koekmeelblom
2.5ml (½ t) Sout
30ml (2 e) Bakpoeier
60ml (4 e) Botter of Margarien
1 Eier
250 tot 375ml (1 tot 1 ½ k) Melk of Water
Olie om in te bak

1. Maak die stroop. Los die suiker in water op oor lae hitte. Voeg kremetart, gemmer en kaneel by en kook 5 minute. Voeg gliserien (dit gee koeksisters ‘n mooi glans) by net voordat stroop van stoof afgehaal word. Laat stroop yskoud word voor gebruik.
2. Sif droë bestanddele saam en vryf botter met vingerpunte in, of gebruik voedselverwerker. Klits eier, voeg melk by en maak aan tot ‘n sagte deeg. Knie goed tot glad. Laat deeg 2 uur of langer rus.
3. Rol deeg 1cm dik uit, sny in repies en vleg of draai hulle. Sit 5 of 6 koeksisters gelyk in warm vet by 190°C (375°F) en bak 1 tot 2 minute tot ligbruin aan een kant. Draai met vurk om en bak aan ander kant.
4. Lig uit met skuimspaan, dreineer ‘n oomblik op absorberende papier en dompel hulle ‘n paar sekondes in yskoue stroop. Lig uit met ‘n skuimspaan sodat die stroop kan afdrup en laat koeksister effens droog word op ‘n plat bord of bak.

Comments (3)

  1. posted by Felicity Lottering on January 28, 2015

    Just looove Koeksisters!!

  2. posted by chetina on May 24, 2015

    Hou baie van die site gaan my suster in UK laat weet.

  3. posted by Chetina Grobler on May 24, 2015

    Lekka respete

Leave a Reply

Kom Vry saam en ontmoet jou Lewensmaat!