Klam vanielje sponskoek
2016-09-11- Course: Gebak Koekmeel
- Skill Level: Maklik
Average Member Rating
(4.3 / 5)
4 People rated this recipe
2,733Related Recipes:
6 groot eiers
250 ml strooisuiker
5 ml vanielje geursel
250 ml koekmeel
5 ml bakpoeier
15 ml kookwater
200 ml aarbeikonfyt
Geklopte room
Versiersuiker vir sprinkel
metode
Voorverhitte oond 180 C
Klits die eiers, strooisuiker en vanieljegeursel saam tot die mengsel veerlig en romerig is
Sif die meel en bakpoeier saam; vou liggies in by eiermengsel
Vou nou die eetlepel kookwater in
Giet die beslag in 2 x koekpanne goed gespuit met kleefvrye sproei
Bak vir 20 minute of tot ‘n toetspen skoon uitkom
Haal uit die oond en keer uit op ‘n afkoelrak en laat dit heeltemal afkoel
Plak die twee helftes van die koek saam met die aarbeikonfyt en ‘n lekker dik lagie geklopte room, smeer res van die room bo-op koek indien verkies of sif versiersuiker bo oor