Kersfees Staatmaker Gammon
2016-12-06- Course: Hoofgereg
- Skill Level: Maklik
- Add to favorites
Average Member Rating
(3.5 / 5)
18 People rated this recipe
Related Recipes:
1 tot 2 kg gerookte varkboud (Gammon)
jou duim se lengte vars gemmer, geskil en in skyfies gesny
150 ml brandewyn (opsioneel maar dit gee ‘n wonderlike geur)
200 ml heuning – warm gemaak, laat dit lekker loperig is
200 ml appelkooskonfyt
1½ lt kouewater
4 el botter
sout na smaak
.
Plaas Gammon in diep kastrol saam met die gemmerstukke, brandewyn en kouewater, plaas deksel op
Bring tot kookpunt verlaag hitte en laat kook Gammon stadig vir 3 ure
Verwyder van plaat en laat staan vir 30 minute met deksel op
.
Verhit die oond tot 180 C
.
Lig versigtig Gammon uit kastrol ((pasop vir brand) en knip die vleisnet los indien die Gammon in ’n net was
Plaas oor na oondpan met die velkant na bo
Gebruik ’n skerp mes en maak liggies, nie te diep nie, kruis en dwars snye oor die vetkant
Geur liggies met sout
Meng warm heuning en appelkooskonfyt en smeer Gammon egalig met die helfte van heuningmengsel
Stip oral met botter en oondrooster tot die vetlaag goudkleurig en krakerig begin raak, verf gereeld met res van heuningmengsel tussendeur bak proses
.
Laat die Gammon vir 30 minute rus voor jy in dun skywe sny