Loader

Kerrie hoender van die Kalahari

2014-11-02
Average Member Rating

forkforkforkforkfork (4.6 / 5)

4.6 5 5
Rate this recipe

fork fork fork fork fork

5 People rated this recipe

Related Recipes:
  • Hoender in sampioen-sjerrie-roomsous

  • Hoender “Strip-Sub”

  • Koffie-Cola Hoendervlerkies

  • Kerriehoender Frikkadelle

  • Blinkbek Goue Hoenderdye

Kerrie hoender van die Kalahari ~ deur: Ilsemyn

‘n Resep aanmekaar geslaan omdat ek onverwags ‘n lekker aandete vir skoonfamilie moes voorberei.

8 Groot Hoenderdye (of enige snitte van keuse)
2 groot uie in ringe gesny
1 pakkie soppoeier (enige geur wat kerrie-rig is bv Vegetable curry, Chakalaka ens)
2 eetlepels sterk kerrie
2 t borrie
1/2 k Blatjang
3 e Mayonaise
3 e Appelkooskonfyt
1/2 k donker asyn
1 k Tropical Fruit Liqui Fruit sap
1 k room
1 k melk

Stel oond op 180 grade Celcius
Pak uie onder in casserole.
Pak hoenderstukke bo-op
Meng die res bestandele behalwe melk.
Gooi oor hoender en uie.
Plaas in oond vir ongeveer 2 ure of tot sappe van hoender helderkleurig loop as met mes gedruk word.
Hou die sous elke 30min dop.
Indien die sous baie dik voorkom kan die melk bygevoeg word soos nodig.
Pak hoender in opdien bak en skep uie bo-oor.
Skep klomp van die sous oor die hoender en “Grill” die honder tot dit donkerbruin is.
Dit lyk of die hoender maklik brand maar dit is net die sous wat so vinnig verkleur.

Recipe Type: Ingredients:

Leave a Reply

Kom Vry saam en ontmoet jou Lewensmaat!