Katjiebotter koekies
2016-08-01- Course: Gebak Koekmeel
- Skill Level: Maklik
- Add to favorites
Average Member Rating
(3.3 / 5)
13 People rated this recipe
Related Recipes:
Lekker koekblik bederfies – sonder koekmeel
.
1 kop katjiebotter (peanutbutter)
1 kop bruin suiker
1 ekstra groot eier ~ (kamertemperatuur) liggies geklits
growwesout vir sprinkel
**opsioneel karamelkondensmelk, of smelt sjokolade
Voorverhit die oond tot 170 C
Voer jou bakplaat uit met bakpapier.
Meng die bestanddele goed saam.
Skep teelepels vol deeg in jou hand en maak bolletjies en pak dit op die bakplaat effens uitmekaar
Druk die balletjies plat met ’n vurk
Besprinkel die koekies baie liggies met soutvlokkies .
Bak vir ongeveer 8 minute tot bruin.
Laat goed afkoel, nou kan jy die koekies met karamelkondensmelk of gesmelte sjokolade teenmekaar plak