Karamel Amarula Sjokoladekoek

2014-09-16
Average Member Rating

forkforkforkforkfork (4.3 / 5)

4.3 5 28
Rate this recipe

fork fork fork fork fork

28 People rated this recipe

9,460
Related Recipes:
  • Bobaas Melktert met Smeerkors

  • Sjokolade Karamel Koek met Oemf !

  • Muesli Crunchies

  • Permantige Sjokoladekoek

  • Granadilla Pynappel Yskastert

Hemelse Karamel Amarula Sjokoladekoek ~ Dis ‘n heerlike klam koek wat lekker klam bly.

Jy het nodig:
60 ml Kakao
125 ml kookwater
3 eiers
220 ml suiker
60 ml olie
250 ml koekmeel
10 ml bakpoeier
2 ml sout

STROOP:
200 ml suiker
250 ml water
60 ml Amarula-likeur
1 blik karamelkondensmelk
styf geklopte room vir versiering
Flake-sjokolade

Stel oond op 180 grade Celsius.

Beslag:
Meng kakao met kookwater en laat dit afkoel.
Klits eiers, suiker en olie saam, voeg koue kakaomengsel by en meng
deeglik.

Sif res van droë bestanddele by en meng goed.
Skep in 22 cm x 30 cm-pan en bak ongeveer 20 min. of tot toetspen
skoon uitkom.

Stroop:
. Kook suiker en water saam vir 5 minute en verwyder van stoof en
voeg Amarula by. Roer goed. .
Prik koek met ‘n vurk sodra dit uit die oond kom en gooi warm stroop
oor.

Versier:
Laat goed koud word, verwyder uit pan, smeer karamelkondensmelk
en styf geklopte room oor.
Versier met Flake indien verkies (nie Pepperment Crisp nie, want dit
belemmer die smaak).

WENK: Meer Amarula kan gebruik word indien verkies.

Comments (3)

  1. posted by Teroglynn Pekeur on January 17, 2015

    Good day.
    Thanks for these amazing recipes. What I need to know is, do you have the English translation of these recipes. Having difficulty translating.

    Thanking you in advance.
    Terry

  2. posted by marlize swart on November 6, 2015

    Hierdie resep lyk watertand lekker maar kry hom nie gedruk nie. Asb wees so gaaf en epos hierdie resep vir my. My moeder is nie meer daar om haar te vra nie en ek het nou alles gekoop vir ‘n sjokolade koek en hierdie een is perfek
    Baie dankie ek waardeer

  3. posted by Elmarie on November 18, 2016

    Sal bly wees om nog sulked lekke resepte te ontvang

Leave a Reply

Kom Vry saam en ontmoet jou Lewensmaat!