Kalkoen en Roosmaryn Sosatie
2007-12-04Average Member Rating
(5 / 5)
1 People rated this recipe
577Related Recipes:
1 ui, fyn gekap
280 g kalkoen, in blokkies gesny
Kersie tamaties
4 stewige roosmaryn takkies
sout en peper na smaak
30 ml olie
250 ml groente aftreksel
30 ml bisto
Verhit die oond tot 200 C. Maak gaatjies in die vleis en die tamaties met n sosatie stokkie. Ryg die vleis en die tamaties op die roosmaryn stokkie, een na die ander. Geur met sout en peper. Braai vir 2 minute lank aan al die kante. Plaas die sosaties in n oondvaste bak en bak dit vir 10 minute lank. Braai die uie in die sous. Voeg die aftreksel by en kook vir 3 – 4 minute lank, onbedek. Verdik met die bisto.