Kalahari Hoender Pastei
2011-06-06- Cuisine: Boerekos Resepte
Average Member Rating
(4.5 / 5)
6 People rated this recipe
3,754Related Recipes:
Hoender pastei hoef nie altyd baie moeite te wees nie.
Bestanddele:
1 pak skilferkors deeg (haal hierdie sommer die oggend al uit die vrieskas as jy besluit om pastei te maak)
1kg hoender fillette
1 l water
2-3 e Worcetershire sous
Hoender speserye
knippie of twee oregano
1 blokkie hoender aftreksel.
2 groot uie
1 klein groen soetrissie
2 pakkies wit vars sampioene
1 pakkie hoender soppoeier
5 e koekmeel
1 1/2 k hoender aftreksel
1/2 k room
3 e suurlemoensap
sout en peper na smaak
Indien jy vergeet het om jou deeg uit te haal, doen dit nou dadelik en bedek met ‘n warm lap. Moenie pakkie oopmaak nie.
Sit oond op 180C
Kook hoender saam met speserye/kruie, worcestershire sous, aftreksel blokkie en water tot gaar.
Haal uit water, en versnipper. Hou eenkant. Behou 1 1/2 k van aftreksel. Vries res vir later gebruik of gooi weg.
Braai uie, soetrissie en sampioene to bruin.
Meng hoenderaftreksel, room, soppoeier, meel, suurlemoensap, sout en peper.
Meng versnipperde hoender en uie mengsel.
Spuit oondbak met kossproei.
Plaas hoendermengsel in bak en sprei eweredig.
Gooi sous oor en roer liggies sodat sous goed deur vleismengsel vloei tot dit bo uitkom.
Plaas skilferkors bo-oor en druk vas met vurk teen rante.
Sny blaartjies uit oorblywende deeg en plaas bo-op. Druk met skerp mes groterige lug gate in deeg.
Smeer met geklitse eier (opsioneel)
Bak tot kors goudkleurig is Haal uit en laat rus ongeveer 15 min Bedien!!
.
Comment (1)
Leave a Reply
You must be logged in to post a comment.
posted by Theunis de Winnaar on October 28, 2014
Dankie vir die wonderlike resepte,so bly ek het julle ontdek
gaan weer julle web gebruik,.Groete vir almal by die huis Theuns