Kaiings met Mieliepap
2017-02-02- Course: Ligte Maal
- Skill Level: Maklik
Average Member Rating
(4.5 / 5)
47 People rated this recipe
27,927Related Recipes:
Daar is darem min dinge so lekker soos pap en kaiings! Mond blink ge-eet van al die gebraaide vet! Baie geduld om die vetjies fyn op te sny, maar die moeite werd !
1 – 2 kg sagtevet – skaap, vark, bees; met effense vleisie aan (vet van die boude, skouer en ribbes , skaapstertjies vetjies as jy kan)
Sny die vet in klein dobbelsteentjies
Oor matige hitte, braai stadig die vet uit, verkielik in ‘n swaarbodempot , roerbraai totdat die vetjies bruin braai en los begin dryf bo op uitgebraaide vet
Giet uitgebraaide vet deur draad sif, of “strainer” of selfs deur ‘n skoon kombuis vadoek
Gooi kaiings terug is kastrol en braai stadig die kaiings verder tot goudbruin, moenie dat dit brand nie, dan gaan jou vet bitter wees
Skep uit op kombuispapier, geur met sout en peper
Sit dadelik voor met mieliepap of lekker dik sny brood
*Uitgebraaide vet kan gebruik om botter of self jou kookolie te vervang vir bak en braai