Kaas Hamburger Pastei

2013-06-27
Average Member Rating

forkforkforkforkfork (4.7 / 5)

4.7 5 3
Rate this recipe

fork fork fork fork fork

3 People rated this recipe

1,966
Related Recipes:
  • Kortpad Kul Quiche

  • Bobotie Pot Pasteitjies

  • Pizzadeeg

  • Bobaas Pastei

  • Babbelaas Souttert

Tuisgebak…vars en heerlik..!!

Jy het nodig
sonneblomolie om patties te braai
4 klaargemaakte hamburger-patties
8 snye cheddarkaas
2 velle (400 g elk) blaardeeg
1 eier, geklits

So gemaak:
Verhit jou oond tot 220 °C.
Braai die hamburger-patties vir so 2 minute weerskante tot bruin. Plaas 4 snye kaas (ewe ver van mekaar af, na die hoeke toe) op die eerste vel blaardeeg.
Sit ’n patty bo-op elke stuk kaas. Hoewel die vleis nog warm is, sal die kaas keer dat die deeg pap word.
Sit nog ’n sny kaas bo-op elke patty.
Smeer die deeg rondom elkeen goed met die geklitste eier.
Plaas die tweede vel deeg oor en druk dit goed af om elke stapeltjie.
Sny die deeg rondom elke stapeltjie af en druk die deeglae weer goed opmekaar vas.
Vou die deegrande stewig om sodat die pasteie goed verseël is. Plaas op gesmeerde bakplaat , verf bo-op met geklitste eier. Bak vir 20 – 25 minute en goudbruin .. bedien saam syfies, groenslaai, tamatiesous en worchester sous…… heerlik!!
.
.foto:Magdel Pretorius via Boerekos Kookengeniet Facebook

Comment (1)

  1. posted by Launa Devis on January 9, 2015

    Heerlik, ek het bietjie sweet chilli op pappies gesmeer voor ek kaas opgesit het.

Leave a Reply

Kom Vry saam en ontmoet jou Lewensmaat!