Loader

Kaas en Kruie Broodjie

2021-01-30
Average Member Rating

forkforkforkforkfork (4.5 / 5)

4.5 5 6
Rate this recipe

fork fork fork fork fork

6 People rated this recipe

Related Recipes:
  • Karringmelk-en-kruiebrood

  • Maklike Roosterkoek

  • Piesangbrood

  • Bierbrood

  • Ouma se ‘Maklike Hol Vetkoeke

Staatmaker broodjie, sommer 1,2,3 aanmekaar geslaan, geen wag om te reis nie. Lekker saam braaivleis, potjie, pasta of sommer net so op sy eie met bietjie botter

Jy het nodig:

2 kop Bruismeel
3 groot eiers
2 kop melk
halwe kop Sprite
1 pakkie Knorr kits sous “four cheese sauce” – hou in poeiervorm
1 Fyn gerasperde ui
2 tl gemengde droee kruie
1 tl Knofdelsout
Halwe tl Borrie
Sprinkel vars gemaalde swartpeper

Voorverhit oond 180 C

In ‘n lekker groot mengbak, klits eier en melk
Sif saam Bruismeel, knorr souspoeier, gemengde kruie, knoffelsout, borrie en swartpeper
Om die beurt voeg nou bietjies bietjiesop ‘n slag by eiermengsel, meng goed deur.
Voeg gerasperde uie by, voeg die Sprite by en roer mooi deur
Smeer oondvaste pan, giet mengsel in , maak eweredig, sprinkel met bietjie eksta kruie

Bak by 180C vir +-35 min tot mooi goue kleur en gaar (toets met pen hang af van diepte van jou pan)

Laat goed afkoel in sy pan voor jy broodjie sny

Leave a Reply

Kom Vry saam en ontmoet jou Lewensmaat!