James se visbredie..

2011-08-07
Average Member Rating

forkforkforkforkfork (5 / 5)

5 5 1
Rate this recipe

fork fork fork fork fork

1 People rated this recipe

1,000
Related Recipes:
  • Snoek Koningskos oor die kole

  • Nog ‘n skeppie Tunatert

  • Oe-la-la Tuna

  • Verrassings Vis Pakkies

  • Suurlemoen en Botter Haddock – Pangebraai

James se Kerrie Visbredie met brood- James via Facebook
….Hy’s nederig, hy’s koniningskos!

Groot blik sardyne in tamatiesous ( of hake fillete as jy moet.. )
1 tpl 5ml vis marsala of gewone soort
1 tlpl 5ml kerrie ( sterkes.. Dis nog winter, mos.. )
1 x groot ui, fyngekap
halfkoppie fyn spriet-uie
1tlpl gemmerwortel, gerasper
1 tlpl vars knoffel, fyn
1 stokkie kaneel (as jy wil)
Vars rolletjies/ brood, gebotter.

Metode: Gooi blik sardyne op groot bord en vlek oop met n vurk, verwyder daai vreemde graatjies en dinge. (Party mense los hom, glo ekstra kalsium- ag nee sies man!). Roerbraai die ui, sprietui, gemmer, knoffel, kerrie, masala vinnig vir so 2min op med hitte in olie. Voeg nou so 500 ml kookwater by, draai hitte af op laag. Voeg sout by, as jy mag.. Sit nou die sardyne/ gaar witvis by. Roer net eenkeer liggies deur en los hom uit vir so 10 min. Skep in sopbordies en dien op met die brood as bysaak. Dis n ou-ou idee van die beste Ma in die wereld:)

.

Leave a Reply

Kom Vry saam en ontmoet jou Lewensmaat!