Loader

“Jam Donuts” – Oliebolle

2017-07-25
Average Member Rating

forkforkforkforkfork (3.6 / 5)

3.6 5 19
Rate this recipe

fork fork fork fork fork

19 People rated this recipe

Related Recipes:
  • Vrystaatse Korslose Melktert

  • Kersfees pennie-poeding

  • Kersfees Doekpoeding

  • Waatlemoen Kersfees Koek

  • Ouma se skoenboks krismiskoek

Ek is seker ons almal het met die bederf grootgeword

Jy het nodig:
400g koekmeel
1tl sout
10g kitsgis
1tl suiker
45ml water
160ml melk
1 groot eier – geklits
¼ kop botter
.
*Olie vir diepbraai
*Strooisuiker om in te rol
*Konfyt van jou keuse

Sif die meel, sout en suiker in ‘n groot bak en strooi oor die gis
Verhit die melk en water en voeg die botter by, roer tot dit gesmelt is, verwyder dan uit die hitte en laat afkoel tot louwarm.
Voeg die eier by terwyl jy klits
Voeg nou die melkmengsel by die droë bestanddele en werk in ‘n stywe deeg.
Meng deur met jou vingers en knie nou vir paar minute tot deeg vorm tot glad en elasties
Rol in ‘n bal, plaas in skottel, bedek die skottel met ‘n skoon vadoek/lap of dun kombersie en plaas in ‘n warm plek om te styg tot die volume verdubbel het
Rol die deeg uit op ‘n meeloppervlak 2 cm dik en druk groot sirkels met koekiedrukker uit
Rangskik op ‘n gesmeerde bakplaat, bedek en sit dit op ‘n warm plek totdat die volume weer verdubbel het.
Verhit olie in ‘n medium diep kastrol (medium hoë hitte) en braai die “donuts” aan albei kante tot goudbruin en gaar
Dreineer op papierhanddoeke om oortollige olie te verwyder, rol een vir een in strooisuiker en sit eenkant om af te koel
Maak dan ‘n sny aan die sykant van die “donuts”, druk jou vinger in om ‘n holte te maak en vul dit met ‘n teetlepel vol van jou gunsteling konfyt (jy kan spuittuit gebruik ook hiervoor)
Sit dadelik voor

Leave a Reply

Kom Vry saam en ontmoet jou Lewensmaat!