Ideal Melk Sjokolade-koek
2007-05-04- Course: Gebak Koekmeel, Nagereg
- Skill Level: Maklik
Average Member Rating
(4.1 / 5)
45 People rated this recipe
31,380Related Recipes:
Absoluut verslawend ~ Ideal Melk Sjokolade-koek besluit self, koek of poeding
Bestanddele Koek
375 ml Meel
250 ml Melk
250 ml Suiker
2 ml Sout
10 ml Bakpoeier
125 ml Olie
60 ml Kakao
125 ml Kookwater
4 Eiergele
4 Eierwitte
Bestanddele Sous
¾ Blik Ideal Melk
125 ml Suiker
Bestanddele Versiering
2 Plakke Heelneut sjokolade
¼ Blikkie Ideal Melk
Metode Koek
Klits eierwitte tot styf.
Meng droë bestanddele.
Maak gaatjie in droë bestanddele.
Voeg eerste olie, dan kakao gemeng met water, melk en eiergele by.
Klits goed.
Voeg bakpoeier by eierwitte en klits weer.
Vou eierwitte in by mengsel.
Bak teen 180º C vir 30 tot 40 minute in reghoekige oondbak (die koek bly in die bak, so moenie in gewone koekpanne bak nie).
Metode Sous
Kook Ideal melk en suiker saam.
Maak gaatjies in koek met dun voorwerp.
Gooi stroop oor koek.
Laat koek heeltemal afkoel.
Metode Versiering
Smelt sjokolade saam met ¼ Blikkie Ideal melk en gooi oor koek.
Comments (2)
Leave a Reply
You must be logged in to post a comment.
posted by Hanlie on May 21, 2015
Hierdie koek / poeding is onvergeetlik! Ek sal hom beslis weer en weer en weer maak!
posted by Faye kaplan on October 20, 2016
I loved this recipe! Made it here in Canada for my family’s Friday night dinner and they licked the pan clean..