Loader

HOENDERPASTEI MET SUURROOMDEEG ~ deur chef

2014-11-02
Average Member Rating

forkforkforkforkfork (4.4 / 5)

4.4 5 5
Rate this recipe

fork fork fork fork fork

5 People rated this recipe

Related Recipes:
  • Wors en Boontjie Kerrie met Pasteikors

  • Kortpad Kul Quiche

  • Bobotie Pot Pasteitjies

  • Pizzadeeg

  • Bobaas Pastei

Bestandele
1 Heel Hoender of Hoenderstukke
1 hoenderekstrakblokkie
2 – 3 heel naeltjies
1 wortel
I ui
2 selerystukke

SUURROOMDEEG vir PASTEIE:
1 tlp bakpoeier
½ Koppie botter of margarine
½ Koppie suurroom
½ tlp suurlemoensap
1 klein tlp sout
1 Koppie meelblom

Aanwysigings
Kook 1 goed gewaste Hoender of Hoenderstukke in een koppie water waarin 1 hoenderekstrakblokkie opgelos is.

Voeg by 2 – 3 heel naeltjies, 1 wortel in stukke gesny, I ui in kwarte gesny, en 2 selerystukke.

Wanneer gaar en sag, laat afkoel, haal uit die sous (hou die sous opsy)sny die hoendervleis van die bene af (wees versigtig dat daar geen klein beentjies agterbly nie)

Sny die vleis in kleiner stukkies en voeg die vleis terug by die sous.

SUURROOMDEEG vir PASTEIE

1 Koppie meelblom

1 tlp bakpoeier

½ Koppie botter of margarine

½ Koppie suurroom

½ tlp suurlemoensap

1 klein tlp sout

Sif die meelblom, bakpoeier en sout saam. Sny die botter, en room in die meel terwyl die suurlemoensap bygevoeg word. Sny goed deur en vorm bal met die hand.

Toegemaak in waspapier laat vir tenminste halfuur in die yskas verkoel

Rol uit op meelbestrooide oppervlakte.

Sny in verlangde vorm, sit oor gevulde tertbak.

Bak teen 200º C vir tien minute – verlaag hitte tot 180º C en bak verder vir 25 – 30 minute.

Recipe Type: Ingredients:

Comment (1)

  1. posted by Annakie van Zyl on June 18, 2015

    Die kors is ‘n treffer en baie maklik om te maak. Ek het egter die 2de keer die botter ingevryf in die meelmengsel en toe die suurroom ingesny. Dit gaan vinniger. Genoeg vir ‘n groot pastei en dit werk goed as die deeg nie te dik uitgerol word nie.

Leave a Reply

Kom Vry saam en ontmoet jou Lewensmaat!