Hoenderlewertjies met lekker byt

2013-08-21
Average Member Rating

forkforkforkforkfork (3.9 / 5)

3.9 5 8
Rate this recipe

fork fork fork fork fork

8 People rated this recipe

4,520
Related Recipes:
  • Kerrie Bakkies

  • Ham, Sampioen en Eier Bakkies

  • Basiese Wafels

  • Kaas Skons

  • Ingelegde eiers

hy’s nederig,, hy’s sous oplek lekker..!!

Jy het nodig:
1 bakkie hoenderlewertjies – ontvries
sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
3 knoffelhuisies, gekneus
2 uie, gekap
5 ml borrie
150 ml botter
12.5ml kerriepoeier of garam masala
1 stuk ± 1cm gemmer, fyn gekap
1 x blik tamaties, gekap
3 brandrissie, ontpit en fyngekap
200g bevrore of vars jong ertjies
vars koljanderblare(dhania) gesnipper

Soteer skoongemaakte hoenderlewers in botter in ‘n braaipan sodat dit nog pienk binne is, maar verseël aan die buitekant. Geur met sout en varsgemaalde swartpeper en skep uit. Hou eenkant. Braai ui tot sag in panvet oor lae hitte. Voeg knoffel, gemmer, borrie, kerriepoeier en rissie by. Roer en laat 1-2 minute stadig prut. Voeg tamaties by en bring tot kookpunt. Laat ongeveer 10 minute lank prut. Voeg ertjies net voor opdiening by en geur met sout en varsgemaalde swartpeper en ‘n bietjie suiker indien verkies. Sodra sous begin prut, voeg hoenderlewers en bietjie koljanderblare by en laat prut tot deurwarm. Sit voor e met heerlike warm, vars broodjie van jou keuse, dat jy al daai sousies kan opdemp….
.

Leave a Reply

Kom Vry saam en ontmoet jou Lewensmaat!