Hoenderlewerjies met byt

2007-12-04
Average Member Rating

forkforkforkforkfork (5 / 5)

5 5 1
Rate this recipe

fork fork fork fork fork

1 People rated this recipe

1,989
Related Recipes:
  • Hoender “Strip-Sub”

  • Kerrie Bakkies

  • Koffie-Cola Hoendervlerkies

  • Kerriehoender Frikkadelle

  • Blinkbek Goue Hoenderdye

Bestanddele
500g hoenderlewertjies
90ml botter
sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
1 ui, gekap
2 knoffelhuisies, gekneus
1 stuk ± 1cm gemmer, fyn gekap
5 ml borrie
12,5ml kerriepoeier of garam masala
1 brandrissie, ontpit en fyngekap
410g ( 1blik) tamaties, gekap
200g bevrore of vars jong ertjies
vars koljanderblare(dhania) gesnipper

Metode
Soteer skoongemaakte hoenderlewers in botter in ‘n braaipan.
Dit moet nog pienk binne wees, maar verseël aan die buitekant.
Geur met sout en varsgemaalde swartpeper en skep uit.
Hou eenkant.
Braai ui tot sag in panvet oor lae hitte.
Voeg knoffel, gemmer, borrie, kerriepoeier en brandrissie by.
Roer en laat 1-2 minute stadig prut.
Voeg tamaties by en bring tot kookpunt.
Laat ongeveer 10 minute lank prut.
Voeg ertjies net voor opdiening by en geur met sout en varsgemaalde swartpeper
Indien verkies voeg ‘n bietjie suiker by.
Sodra sous begin prut, voeg hoenderlewers en bietjie koljanderblare by.
Laat prut tot deur warm.
Sit voor en garneer met die res van die koljanderblare.

Leave a Reply

Kom Vry saam en ontmoet jou Lewensmaat!