Loader

Hoender en Sampioen Eenpan

2014-03-31
Average Member Rating

forkforkforkforkfork (4.9 / 5)

4.9 5 7
Rate this recipe

fork fork fork fork fork

7 People rated this recipe

Related Recipes:
  • Melktert

  • Bobotie

  • Hoender in sampioen-sjerrie-roomsous

  • Lekker maklike Souttert

  • Mieliepap Blokkies

Lekker smul randrekker

1kg hoender porsies
1 tl aromat
1 tl pietersielie
bietjie botter en olie vir braai
1 pakkie sampioene – gekerf
medium fyn ui gekap
4 knoffeltoontjies – gekneus
swartpeper en sout na smaak
cheddar kaas gerasper
groot pak simba tjips – enige geur
*witsous

*Bestanddele vir witsous:
2 el Botter of Margarine
2 el Koekmeelblom
knypie Sout
knypie peper
2 koppies melk

Smelt die botter in ´n kastrol oor lae hitte of oor kookwater.
Roer die koekmeelblom, gemeng met sout en pepper, geleidelik by die gesmellte botter tot dit glad is.(gebruik ´n houtlepel)
Voeg die melk drupsgewys by en roer deurentyd tot die sous dik en glad is.

Metode, nou so gemaak:

Kook die hoender met pietersielie, en aromat tot sag en sappig, laat effe afkoel,dreineer sous (*kan gebere word vir vleisaftreksel vir ander disse) en vlok die vleis in lekker groot bak
In ‘n ander kastrol, meng bietjie botter en olie, maak warm,en braai uie, knoffel en sampioene tot smaaklik gaar
Meng hoender en uie mengsel goed deur, geur met sout en peper na smaak

Stel oond op 180gr

Maak die simba tjips fyn.
Skep dun lagie witsous onder in bak, sprinkel met bietjie kaas, skep helfe van hoender mengsel oor, en dan bietjie fyn tjips
gevolg deur nog bietjie kaas, en gooi res van hoender oor
Skep res van witsous eweredig oor alles
Bedek goed met tjips krummels
Bak in oond vir 30 min tot goudbruin, sit lekker warm voor

Recipe Type: , Tags: , , , , , Ingredients:

Leave a Reply

Kom Vry saam en ontmoet jou Lewensmaat!