Heuning en Jogurt muffins
2009-05-11Average Member Rating
(5 / 5)
2 People rated this recipe
1,111Related Recipes:
Bestandele:
500 ml koekmeel
5 ml koeksoda
10 ml bakpoeier
55 ml bruinsuiker
5 ml gemengde speserye
130 ml hawermout
60 botter, gesmelt
180 ml joghurt (heuning en graan)
80 ml melk
85 ml heuning – loperig
1 groot eier
Metode:
Sif jou koekmeel bakpoeier en koeksoda , suiker en speserye saam in een groot mengbak.
Meng nou die hawermout by die droe mengsel met houtlepel.
In aparte mengbak, meng nou die gesmelte botter , heuning , jogurt , melk , eier alles saam, meng goed.
Voeg nou by die droe mengsel, en vou saam tot net gemeng.
Berei muffin pannetjies voor met kleefvrysproei,en muffin “liner” , skep mengsel in muffinpannetjies, en bak in voorverhitte oond by 200 grade vir +- 20 minute .
Laat afkoel in pannetjies op rakke voor jy dit uithaal..