Loader

Heel Hoender “flattie” oor die kole

2016-11-06
Average Member Rating

forkforkforkforkfork (4.4 / 5)

4.4 5 7
Rate this recipe

fork fork fork fork fork

7 People rated this recipe

Related Recipes:
  • Hoender in sampioen-sjerrie-roomsous

  • Lewer op n stokkie

  • Snoek Koningskos oor die kole

  • Hoender “Strip-Sub”

  • “Flamed Grill” T-Bone

1 lekker groot plaashoender
sowat 1 liter marinade van jou keuse, met paar druppels kookolie by gemeng
sout en peper na smaak
.

Was daai hoender nou deeglik onder lopende koue water, kyk vir los veertjie;  veral om die vlerkies,
en verwyder dit.
Plaas die hoender met rugkant na onder op ’n houtbord.
Gebruik ’n skerp mes en maak diep sny van die borsbeen tot deur die maagvel. Sny dit versigtig los.
Draai die hoender om met borskant na onder en druk dit heeltemal plat.
Spoel weer goed af
Plaas in lekker diep bak en giet marinade oor, bedek mooi oral oor
Marineer vir minstens 8 ure in yskas, draai nou en dan om
.

Wanneer jy jou vuurtjie begin bou (maak seker jy het genoeg kole) en wag vir kole om warm te word, haal hoender uit yskas en laat die hoender kamertemperatuur kan word.
Nou moet jy baie geduld he, as jy haastig is gaan jou hoender swart brand, maak solank jou glasie vol en kry vir jou ‘n sitplekkie.
Die vuur se kole moet nou medium-warm wees.
Smeer jou warm rooster met kookolie
Lig hoender uit marinade en laat meeste sous afdrip. en plaas hoender op rooster en stadig braai jy nou die hoender so 20 minute met borskant/velkant  na bo.
Draai om en braai verder 20 minute aan ‘n kant tot goudbruin , draai gereeld om, bly warm kole onder inkrap, en bedruip hoender elke keer met marinade sodra jy dit omdraai, braai stadig tot goudbruin en gaar.
Toets die hoender deur ’n skerp mes in die dikste deel van die vleis te steek, as die sap
wat uitloop deurskynend en nie bloederig is nie, is die hoender gaar.
Sout en peper na smaak, net sodra jy dink jou hoender is nou gaar. Sowat 2 ure

Leave a Reply

Kom Vry saam en ontmoet jou Lewensmaat!