Hawaian Roerbraai
2015-05-06- Skill Level: Maklik
Average Member Rating
(5 / 5)
1 People rated this recipe
1,478Related Recipes:
700g goeie gehalte beesvleis repies.
2 Uie ~ in ringe gesny
paar knoffeltoontjies ~ gekneus en gekap
1 pakkie sampioene ~ grof opgekap
3 Soet rissies (1 x rooi, 1 x geel en 1 x groen) in repies opgekap
1 blikkie pynappel stukkies ~ gedreineer ~ hou sap eenkant
Teriyaki sous
Soetrissiesous
Donker sojasous
Sesamie olie ~ net ‘n paar druppels
Verhit bietjie sesamie olie in swaarboompan
Braai uie en knoffel saam tot uie net deurskynend raak (jy nog steeds die “crunch” wil he)
Nou voeg jou beesvleis repies, braai tot geurig
Voeg al jou soetrissies by en geur na smaak met al die speserye.
Pynappels gaan laaste by, met bietjie van die sap na smaak, roerbraai alles lekker saam tot pynappel lekker warm en alles geurig is.
>> met dank aan Maritza Farham via Boerekos.com