Loader

Hamburger Potato Bake

2016-04-22
Average Member Rating

forkforkforkforkfork (4.3 / 5)

4.3 5 8
Rate this recipe

fork fork fork fork fork

8 People rated this recipe

Related Recipes:
  • mamma kraai se boerewors

  • Kerrie vir kerrie en rys (Ouma Elsa se resep)

  • Niertjiepastei

  • Soutbeesvleis

  • Lewer op n stokkie

.Twee van my gunstelinge in een !!

800g topside maalvleis
1 ui baie fyn gekap
3 knoffelhuisies, gekneus en fyn gekap
1/2 tl droe tiemie
1/2 tl droe pietersielie
3 eetl blatjang
2 eetl appelkoos konfyt
swartpeper en sout na smaak
3 aartappels, skywe gesny, en halfgaar gebraai in diepolie op kombuispapier dreineer – hou eenkant
2 ekstra uie in ringe gesny – gebraai in botter – hou eenkant
tamaties – skywe gesny
1 kop gerasperde kaas

sous:
kwart kop mosterd sous
kwart kop tamatiesous
kwart kop blatjang
kwart kop mayonaise
(meng alles goed saam)

Voorverhit jou oond 180 C
Smeer ‘n diep, ronde oondpan ( so opskep bord grootte) goed met botter
Meng al die speserye saam met maalvleis , knoffel en fyn ui mooi deur
Vorm nou ‘n ronde maalvleis bal en druk liggies plat in die pan vas, maak eweredig
Pak nou tamatie skywe bo op, gevolg met gebraaide uiering,
Gooi nou die koppie sous mooi oor alles
Pak nou die skywe gebakte aartappels laaste
Sprinkel met sout en peper gooi kaas oor

Bak in voorverhitte oond vir 1 uur tot goudbruin

Sny in skywe of blokke

Bedien met vars broodrolletjies

Leave a Reply

Kom Vry saam en ontmoet jou Lewensmaat!