HAM EN APPELSOUFFLÉ

2010-09-17
Average Member Rating

forkforkforkforkfork (5 / 5)

5 5 1
Rate this recipe

fork fork fork fork fork

1 People rated this recipe

701
Related Recipes:
  • Ingelegde eiers

  • Heerlike Groenboontjie Bredie

  • 2 Keer bak Souttert

  • Korslose Bully-Beef Souttert

  • Heuning Tjops

 

Bestanddele:

50ml koekmeelblom
150ml melk
30ml botter
250ml cheddarkaas, gerasper
1 medium kookappel
1 middelslag ui, fyngekap
60g gerookte ham, fyngekap
2 groot eiers, geskei
3ml sout
varsgemaalde swartpeper

So gemaak:

Smelt botter in swaarboomkastrol, voeg koekmeelblom by en meng deeglik. Voeg melk geleidelik by, roer aanhoudend en laat toe om te kook om ‘n gladde dik witsous te verkry.
Verwyder van die stoof en voeg kaas by.
Ontpit , skil en sny die appel fyn, voeg by witsous.
Laat witsous effens afkoel.
Soteer uie in ‘n bietjie olie tot sag.
Voeg uie, ham en eiergeel by witsous.
Voeg sout en peper by.
Klits eierwitte tot styf en vou liggies in witsous met metaallepel.
Smeer ‘n soufflébak van 1,2 liter en giet mengsel versigtig in bak.

Bak in ‘n voorverhitte oond by 180C sowat 40min , tot goudbruin en gestol.
Sit warm voor.

Recipe Type: Tags: , , , , , ,

Leave a Reply

Kom Vry saam en ontmoet jou Lewensmaat!