Haddock en Sampioen Omelet

2014-03-15
Average Member Rating

forkforkforkforkfork (5 / 5)

5 5 1
Rate this recipe

fork fork fork fork fork

1 People rated this recipe

977
Related Recipes:
  • Kerrie Bakkies

  • Ham, Sampioen en Eier Bakkies

  • Basiese Wafels

  • Kaas Skons

  • Ingelegde eiers

omelet: – (per persoon)

3 eiers, geklits
bietjie melk
sout & peper

vulsel:
2 gerookte haddock filette
handvol fyn gekapte sampioene
parmesan kaas
kwart koppie, ongeklopte room
vars swart gemaalde peper

*fyn grasuie of pietersielie vir garneer

Maak die gerookte haddock filette saam met sampioene gaar in lekker botter, vlok die vis wanner sag en gaar in die dieselfe pan, giet kwart koppie room oor, bring tot kookpunt, en laat minuut of 2 smoor kook, sprinkel met baie fyn parmesan kaas, en vars gemaalde swart peper.

Klits eiers, bietjie melk, sout en peper liggies saam
Maak jou omelet pan lekker warm met botter
Gooi eiermengsel in die warm gebotter pan
Baie versigtig, lig die kante van die omelet en laat die ongekookte eier onder die gebakte eier in loop.
Bak met deksel op, totdat al die eier amper gestol het.
Skep jou haddock vulsel in die middel, sprinkel ektra parmesan kaas oor
Vou die omelet toe. Sit deksel op, en laat rus vir 1 minuut voor opdien
Sit voor , sprinkel met grasui, of pietersielie …. heerlik met roosterbrood

Leave a Reply

Kom Vry saam en ontmoet jou Lewensmaat!