Grenadellakoek

2014-11-02
Average Member Rating

forkforkforkforkfork (5 / 5)

5 5 4
Rate this recipe

fork fork fork fork fork

4 People rated this recipe

3,543
Related Recipes:
  • Bobaas Melktert met Smeerkors

  • Sjokolade Karamel Koek met Oemf !

  • Muesli Crunchies

  • Permantige Sjokoladekoek

  • Granadilla Pynappel Yskastert

KOM ONS BAK ~ Onvergeetlike Grenadellakoek  ~ Jacky Geyer

Koek
4 Jumbo groot eiers ~ geskei
1 koppie strooisuiker
125 ml kookolie
125 ml warm water
220 g grenadellamoes
2,5 ml grenadellageursel
560 ml koekmeel
3 tl bakpoeier
knypie sout

Versiersel
500 g versiersuiker, gesif
125 g sagte botter
2 el warm water
55 g grenadellamoes
5 ml grenadellageursel

200 ml *** styfgekopte room vir tussenlae

Bo-laag
55 g grenadellamoes
1 tl strooisuiker
3 gelyke teelepels mielieblom
5 ml water

Stel oond op 180 °C.

Metode

KOEK
Klits eiergele en strooisuiker tot liggeel.
Meng olie, water grenadellamoes en -geursel bymekaar. Voeg by eiergele en klits goed saam.
Sif koekmeel, bakpoeier en sout saam. Voeg by eiergeelmengsel en roer tot goed gemeng.
Klits eierwitte tot styf en vou by beslag in.
Voer twee koekpanne met 22 cm-deursnee met bakpapier en verdeel beslag so gelyk moontlik tussen koekpanne.
Bak koek vir 25 tot 30 minute of tot toetspen skoon uitkom.

VERSIERSEL
Klits versiersuiker, botter, water, grenadellamoes en -geursel tot lig en romerig.
Smeer helfte van versiersel op een koek, Klop room styf, smeer lekker dik op, plaas tweede koek bo-op en smeer orige versiersel op.

BOLAAG
Verhit grenadellamoes en strooisuiker in mikrogolf vir 1 minuut.
Maak mielieblom en water tot pasta aan en roer by warm grenadellamengsel. Mikrogolf mengsel tot verdik.
Laat eers heeltemal afkoel en skep bo-op koek.

Recipe Type:

Leave a Reply

Kom Vry saam en ontmoet jou Lewensmaat!