Geurige maalvleis op roosterbrood en sunny side up

2014-10-08
Average Member Rating

forkforkforkforkfork (5 / 5)

5 5 1
Rate this recipe

fork fork fork fork fork

1 People rated this recipe

1,153
Related Recipes:
  • Alna se Bobotie met ‘n degie

  • “Sloppy Joe” Boepensies

  • Bielie van ‘n ‘Brekfis Bakkie’

  • Bobotie Pot Pasteitjies

  • Kerrie Bakkies

…wat ‘n lekker ontbyt om die dag af te skop……. eindloos heerlik:

1kg bees maalvleis
1 heel naeltjies
1 lourierblaar
1 kaneelstokkie
1 steranys
2 el asyn
mespunt borrie
½ kop appelkoos konfyt
1 tl goeie kerriepoeier
½ kop kookolie
1 klein blikkie tamatiepaste
sout
1 groot aartappel – in stukke gesny
3 wortels geskil en opgekerf

Maak olie warm, gooi naeltjies, lourierblaar, kaneelstokkie, steranys by saam uie en braai saam tot uie deurskyndend is.
Gooi nou kerriepoeier, borrie by en braai vinnig deur, gooi asyn by, haal van die plaat af vir 1 min, plaas terug oppi plaat en sodra uiemengsel begin braai gooi maalvleis by, roerbraai en prut alles lekker saam vir so 10 min.
Gooi aartappelstukke en wortels by, gooi net genoeg warm water by, om die aartappels toe te maak, kook tot aartappel sag is en amper droog gekook, oor matige hitte.
Gooi appelkoos konfyt en tamatiepaste in, roer goed deur, laat baie stadig prut vir 5 min tot lekker sappig.

*vars roosterbrood na smaak
*eiers 1 tot 2 per persoon
*botter

Bak eiers na smaak, sout en peper. Sit roosterbrood in bord, gesmeer met bietjie botter, top op met maalvleis en dan jou gebakte eier bo-op…Bedien dadelik

Sit voor met engelse mosterd , worchestersous en tamatiesous

geniet!!

Recipe Type:

Leave a Reply

Kom Vry saam en ontmoet jou Lewensmaat!