Geurige maalvleis met stywepap en sunny side up
2014-02-08- Cuisine: Boerekos Resepte
- Course: Hoofgereg, Ontbyt
- Skill Level: Maklik
Average Member Rating
(5 / 5)
3 People rated this recipe
1,995Related Recipes:
…wat van lekker stewige boere ontbyt om die dag af te skop……. eindloos heerlik:
1kg bees maalvleis
1 heel naeltjies
1 lourierblaar
1 kaneelstokkie
1 steranys
2 el asyn
mespunt borrie
½ kop appelkoos konfyt
1 tl goeie kerriepoeier
½ kop kookolie
1 klein blikkie tamatiepaste
sout
1 groot aartappel – in stukke gesny
3 wortels geskil en opgekerf
Maak olie warm, gooi naeltjies, lourierblaar, kaneelstokkie, steranys by saam uie en braai saam tot uie deurskyndend is.
Gooi nou kerriepoeier, borrie by en braai vinnig deur, gooi asyn by, haal van die plaat af vir 1 min, plaas terug oppi plaat en sodra uiemengsel begin braai gooi maalvleis by, roerbraai en prut alles lekker saam vir so 10 min.
Gooi aartappelstukke en wortels by, gooi net genoeg warm water by, om die aartappels toe te maak, kook tot aartappel sag is en amper droog gekook, oor matige hitte.
Gooi appelkoos konfyt en tamatiepaste in, roer goed deur, laat baie stadig prut vir 5 min tot lekker sappig.
Stywepap
Bestandele:
6 Koppies water
2 Eetlepels botter
2 Teelepels sout
3 Koppies mieliemeel
Metode:
Bring water en sout en botter in die potjie tot kookpunt. Giet die mieliemeel in om ‘n hopie in die middel van die pot te vorm. Moenie roer nie. Verlaag die hitte , plaas die deksel op en laat vir 5 minute prut. Roer ligies met ‘n vurk, plaas die deksel terug en stoom vir nog 45 min
*eiers 1 tot 2 per persoon
*botter
Bak eiers na smaak, sout en peper. Skep slappap, bietjie botter, maalvleis en dan jou eier bo-op…