Gestoofde Mieliebrood

2011-08-08
Average Member Rating

forkforkforkforkfork (4 / 5)

4 5 32
Rate this recipe

fork fork fork fork fork

32 People rated this recipe

11,394
Related Recipes:
  • Piesang en OBS Broodjie

  • Kaas en Kruie Broodjie

  • Peri-Peri Polonie Poffertjies

  • Flou val Toebroodjie

  • Boerbrood Suurdeeg Plantjie

 

Al die Mieliebrood resepte bevat koekmeel. Hierdie een is sonder meel. Dit is ‘n fantastiese resep. Ek gebruik ‘n lee 1kg koffieblik, en dit werk uitstekend. Gebruik ‘n bliksnyer om die koffieblik se rand te verwyder.

500ml gemaalde vars mieliepitte (die mielies moet nog melkerig wees)
2 eiers
2 teelepels bakpoeier
100ml suiker
100ml gesmelte botter

Maak so:
1.  Meng alles deeglik saam.
2.  Gebruik ‘n le? 1kg koffieblik of iets soortgelyk.  Sny die rand af met ‘n bliksnyer om te verseker dat die blik se rand glad is.  Smeer die blik met botter of ‘Spray and Cook’
3.  Plaas die gemaalde mielies in die blik.
4.  Gebruik ‘n ho? kastrol (hoog genoeg om die koffieblik te vat en ‘n deksel te kan opsit) en vul 1/3 vol met water.  Bring tot kookpunt.
5.  Terwyl die water opwarm, plaas twee lae foelie, tinfoil, oor die blik waarin die mieliemengsel is en bind goed vas met tou, sodat water nie kan inkook nie.
6.  Plaas die blik met mielies in die kookwater.  Sit die pot se deksel op en kook vir 2 ure.  Voeg water by indien nodig.
7.  Haal die mieliebrood na twee ure uit (versigtig on nie te brand nie) en haal die foelie af.
8.  Plaas in ‘n voorverhitte oond (180 grade celsuis) vir sowat 20 minute om effens te droog.
9.  Sny in dik snye en eet warm met botter.  (Verkieslik plaasbotter).

Leave a Reply

Kom Vry saam en ontmoet jou Lewensmaat!