Gemarineerde chilli hoenderhartjies

2013-09-29
Average Member Rating

forkforkforkforkfork (3 / 5)

3 5 7
Rate this recipe

fork fork fork fork fork

7 People rated this recipe

2,542
Related Recipes:
  • Hoender “Strip-Sub”

  • Koffie-Cola Hoendervlerkies

  • Kerriehoender Frikkadelle

  • Blinkbek Goue Hoenderdye

  • Kerriemayo – Hoenderborsies

Die een is n lekker byt resep wat ek vandag sommer bymekaar gesit het. Dis een van my beste idees ooit gewees! hoop julle geniet hom net soveel soos wat ek hom geniet het.

Gemarineerde chilli hoender hartjies

Bestandele:
1 Kg hoender hartjies
2 medium grootte fyngekapte uie
2 medium grootte gekapte tamaties
1 Eet lepel gekapte uie
100ml Castle steakhouse marinade
4 eetlepels extra hot chilli sous (mochachos dynamite of Banditos habanero)
2 Eet lepels Kerrie poeier
1 tee lepel gemengde kruie spesery
Sout en peper vir smaak (opsioneel)

Voorbereiding:
Was die hoender hartjies deeglik onder lopende koue water.
Plaas die hoenderhartjies in n bak en voeg marinade, chilli sous, Kerrie poeier en speserye by. Roer deeglik, bedek met “cling wrap” en laat marineer vir 1 tot 2 ure teen kamer temperatuur. Meng gereeld om seker te wees die marinade bedek die hartjies heeltemal.

Kap uie,tamaties en voeg knoffel by in n aparte bak, bedek met “clingwrap” en plaas in yskas vir 30 minute.

Metode:
In n groot kastrol, voeg genoeg olie on die bodem van die kastrol goed te bedek
Verhit olie op hoe hitte. Holsum vet of botter kan gebruik word in pleks van olie.
Braai uie, tamatie en knoffel tot uie ligbruin word.
Voeg hoender hartjies by en roer gereeld. Braai die hoender hartjies tot hulle bruin is en deeglik sag is op hoe hitte vir 5minute. Verlaag die hitte en laat die hartjies kook vie n verdure 10 minute terwyl dit gereeld geroer word.
Bedien met krummelpap, stamp mielies, cous cous of rys.
Die hartjies kan ook op sosaties stokkies gesit work en gebraai word oor n braai vuur.
Hoender hartjies is sag en as dit te lank gekook word kan dit taai raak.
Die resep het ek aanmekaar geslaan een sondag middag.Dis n lekker warm chilli smaak wat goed gepaard gaan met n yskoue bier of yswater.

Leave a Reply

Kom Vry saam en ontmoet jou Lewensmaat!