Loader

Oondgebraaide Peper Biefstuk

2017-01-29
Average Member Rating

forkforkforkforkfork (4.4 / 5)

4.4 5 16
Rate this recipe

fork fork fork fork fork

16 People rated this recipe

Related Recipes:
  • mamma kraai se boerewors

  • Kerrie vir kerrie en rys (Ouma Elsa se resep)

  • Niertjiepastei

  • Soutbeesvleis

  • Lewer op n stokkie

Perfek vir kouevleis en slaai, jy kan die vleisstuk ook warm voorsit met groente en lekker lang bruinsous gemaak van die pansous

1- 2 kg heel Topside Biefstuk (maak seker daar is darem ‘n mooi lagie vet)
4 et botter
Sout
Gemaalde vars Swart Peper
Foelie

Voorverhit oond 180 C

Plaas Biefstuk in ‘n oondpan, stip oral met botter
Geur met sout en baie varsgemaalde Swart Peper
Seel oondpan met foelie, maak seker kante is mooi toe
Bak in voorverhitte oond vir 1 uur, draai Biefstuk om, sout en peper na smaak
(as jy die Biefstuk warm voorsit, kan jy ook nou jou aartappels byvoeg)
Maak weer toe met foelie en bak vir nog 45 min
Laat in die oondpan afkoel, plaas dan in yskas vir minstens 4 ure voor jy dun skywe opsny
As jy die Biefstuk warm bedien, laat rus in oondpan vir minstens 20 min voor jy opsny
Belowe jou, die wag die moeite werd !
Sit voor met Engelse Mosterd

Leave a Reply

Kom Vry saam en ontmoet jou Lewensmaat!