Gebakte Sherrie Botterskorsie
2015-01-07Average Member Rating
(5 / 5)
2 People rated this recipe
2,804Related Recipes:
1 lekker groot botterskorsie, mooi skoon gewas, lekker dik skywe gesny met skil aan
sap van 1 lemoen
1 kop sherrie
bruinsuiker
botter
pypkaneel
sout na smaak
foelie
Voorverhit oond 180 C
Smeer oondvaste bak se bodem liggies met botter.
Pak jou pampoen skywe langs mekaar in die bak
Gooi lemoensap en sherrie oor en sprinkel goed met bruinsuiker .
Sit paar klontjies botter oral oor op die pampoen, sprinkel met pypkaneel en bietjie sout.
Maak die bak mooi toe met foelie, bak vir 45 min.
Haal die foelie af, bak tot mooi goudbruin kleur kry
Bedien warm as bygereg