Gebakte Piesang Poeding
2015-06-07- Skill Level: Maklik
Average Member Rating
(3.9 / 5)
14 People rated this recipe
7,391Related Recipes:
2 kop koekmeel
halwe koppie strooisuiker
4 baie ryp piesangs, fyn gedruk
1 tl bakpoeier
1 tl koeksoda
halwe koppie appelkooskonfyt
1 kop volroommelk
3 el botter, gesmelt
1 groot eier, geklits
1 tl vanielje geursel
knippie sout
Stroop:
1 kop bruinsuiker
4 el stroop
1 blik idealmelk
halwe koppie water
Voorverhit die oond tot 180 C
Smeer ’n oondvaste pan met botter
Sif koekmeel, sout en bakpoeier, koeksoda saam
Gooi suiker by, roer liggies deur
In ‘n ander lekker groot mengbak gooi die gooi fyn piesangs, melk, gesmelte botter, eier en vanielje geursel, konfyt en meng liggies saam.
Giet nou bietjies bietjies gesifte koekmeel op ‘n slag by, tot alles lekker gemeng
Gooi in jou gesmeerde pan
Stoop
In ’n kastrol bring al die bestandele tot kookpunt, verwyder van plaat en roer tot suiker opgelos is
Giet nou die helfte van die stroop versigtig oor die agterkant van ‘n eetlepel oor die rou deeg
Sit dadelik in die voorverhitte oond bak 40 min tot goudbruin
Bring die res van die stroop tot kookpunt en gooi oor die poeding sodra uit die oond kom
Laat rus vir so 20 min voor opdien met roomys of lekker styfgeklopte room
Comment (1)
Leave a Reply
You must be logged in to post a comment.
posted by Annake Beck on March 6, 2016
Die poeding resep is uitstekend. Ek het so bietjie vergeet suiker met nie saam met droë bestanddele gaan nie, maar dit werk goed uit.