Loader

Frikkadel – Skorsies

2016-11-21
Average Member Rating

forkforkforkforkfork (3.8 / 5)

3.8 5 23
Rate this recipe

fork fork fork fork fork

23 People rated this recipe

Related Recipes:
  • mamma kraai se boerewors

  • Kerrie vir kerrie en rys (Ouma Elsa se resep)

  • Niertjiepastei

  • Soutbeesvleis

  • Lewer op n stokkie

2 gunstelinge in 1, kyk nou net so frikkadel !

(genoeg vir 6 porsies)
3 lekker groot skorsies, gehalveer en ontpit. Maak ‘n mooi diep holte met eetlepel in elke skorsie
Frikkadelle:
500 g maalvleis
1 ui, fyn opgekap
2 knoffeltoontjies, gekneus en opgekap
1 tl kerriepoeier
1 tl tiemie
3 el blatjang
2 el appelkooskonfyt
3 el tamatiesous
1 el worcestershire sous
sout en peper na smaak
parmesaan kaas vir afronding
*botter
Verhit die oond tot 180 °C.
Kook skorsies vir 15 minute, dreineer water en plaas op baklaat, plaas klein klonjie botter in elke holte
Frikkadelle:
In ‘n mengbak, meng al jou bestanddele vir die frikkadelle
Maak 6 eweredige bolletjies, plaas ‘n bolletjie in elke skorsie holte
Strooi parmesaan kaas oor
Oondbak in voorverhitte oond ongeveer 40 min tot die skorsies sag is en die bolletjie goudbruin en gaar is

Leave a Reply

Kom Vry saam en ontmoet jou Lewensmaat!