Loader

Frikkadel met kool jassie

2014-01-19
Average Member Rating

forkforkforkforkfork (3.5 / 5)

3.5 5 13
Rate this recipe

fork fork fork fork fork

13 People rated this recipe

Related Recipes:
  • Melktert

  • Bobotie

  • Aartappel Koekies

  • mamma kraai se boerewors

  • Vars Aspersies

Kook die groot blare van koolkop met bietjie sout tot amper sag, laat effe afkoel

1kg top gehalte maalvleis
2 snye witbrood in halwe koppie volroom melk geweek
1 ui, baie, baie fyn opgekap
2 groot eiers
pietersielie na smaak
neutmuskaat na smaak
sout na smaak
wit peper na smaak
bietjie koekmeel – vir rol
2 eetlepels botter
1 groot rooi tamatie in skywe
4 el tamatie puree
bietjie kookolie

Voorverhit jou oond na 180 C

*sit die vleis in mengbak , gooi by uie, eier, en speserye en meng alles goed deur.
* druk al die melk uit brood, en werk deur vleismengsel
*sit bak in plastieksak , sit in yskas minstens 1 uur
* maak bietjie olie en botter lekker warm in groot braaipan, maak nou frikadelle, rol in die meel en , braai die frikadelle goudbruin
*vou nou jou frikadelle toe in die half sagte, louwarm koolblare, gebruik n tandestokkie as jy sukkel, en pak stewing langs mekaar in oondskottel, pak tamatieskywe bo op, blerts oral met tamatie puree oral oor
* sit foelie bo-oor, blink kant na onder, sit in voorverhitte oond en bak vir min 30 minute, haal die foelie af, en bak tot kool lekker gebak

Geniet..!!

Comments (2)

  1. posted by Mari Botha on June 17, 2016

    Dis ongelooflik lekker. Komplimente aan die sjef.

  2. posted by Matruh Pinkham on August 14, 2016

    Ek dink dit sal nou nét die regte Boerekossie wees om te maak, siende dat ons ñ hele paar koolkoppe in die tuin het.
    Ek gaan kaas ook oor rasper, net vir die oemf!

Leave a Reply

Kom Vry saam en ontmoet jou Lewensmaat!