Flippen Lekker Hoender
2014-05-14Average Member Rating
(3.8 / 5)
48 People rated this recipe
35,757Related Recipes:
Flippen Lekker Hoender
10 hoenderporsies van jou keuse
1 koppie mrs balls chutney
1 koppie all gold tamatiesous
2 el kookolie
1 pakkie groentesop
1 blikkie coke
so handvol groot geelwortels, gekrap, en in die lengte af ; gesny in skywe
medium aartappels geskil afgespoel en in dun skywe gesny
1 pakkie sampioene, gewas en net in die helfte gesny
4 knoffeltoontjies gekneus
2 groot uie, dun ringe gesny
1 soet groenrissie, in repies gesny
Sout En peper na smaak
Botter
Swaar gewig foelie
Voorverhit oond 180 C
Pak jou Aartappels ‘n laag op die bodem van ‘n gesmeerde oondpan, pak die wortelskywe bo-oor ;
sprei die sampioen helftes eweredig bo oor, gevolg met uieringe en soetrissie
Stip hier en daar met bietjie botter, sit gekneuse knoffel verspreid in en geur met bietjie sout en peper oor
Sit nou jou hoenderstukke bo op die neer, strooi droog soppoeier bo oor hoenderstukke
Meng die chutney, tamatiesous , kookolie en coke saam, gooi egalig bo oor alles
Maak toe met foelie, bak in voorverhitte oond vir 40 min, haal foelie af, en laat verder stadig verder
bak by 160 C vir 1 en half uur, bedruip hoender gereeld met pansous tot gaar en goudbruin
Comments (2)
Leave a Reply
You must be logged in to post a comment.
posted by sandra on March 8, 2015
ASB soek daglikse resepte….
posted by jody on March 13, 2015
X is sommer honger X hou van die website thanx