Feta Hoender Pasta
2007-03-28- Cuisine: Boerekos Resepte
Average Member Rating
(4.3 / 5)
3 People rated this recipe
1,202Related Recipes:
2 x 250 ml rou pasta
2 hoender borsies, ontbeen en in repies gesny
250 ml rooi rissies, vertikaal gesny
75 ml gekerfde olywe
2,5 ml vars gemaalde swartpeper
sout na smaak
100 g feta kaas
Kook die pasta volgens die aanwysings, spoel dit af en dreineer dit. Braai die hoender in ‘n pan oor medium hitte asook die rooi rissie. Doen dit vir ongeveer 3 tot 4 minute lank. Plaas die pasta in n groot mengbak en voeg die hoendermengsel, olywe, sout, peper en feta kaas by. Meng dit en geniet dit.