Eierbrood Omelet

2014-03-12
Average Member Rating

forkforkforkforkfork (5 / 5)

5 5 2
Rate this recipe

fork fork fork fork fork

2 People rated this recipe

1,170
Related Recipes:
  • Kerrie Bakkies

  • Ham, Sampioen en Eier Bakkies

  • Basiese Wafels

  • Kaas Skons

  • Ingelegde eiers

Onbyt…?? lekker verrasing vandag 2 in 1 lekkerte

2 snye brood – liggies gebotter, albei kante
3 eiers
knippie borrie
knippie rooipeper
knippie mostert poeier
halwe ui
halwe tamatie
groen brandrissie fyn opgekap
halwe kop kaas – gerasper
olie
botter
sout na smaak
witpeper na smaak

In ‘n mengbak, gooi borrie, rooipeper, mostert poeier, sout en witpeper, gooi bietjie water oor en meng tot gladde mengsel
Breek eiers by, en klits baie goed tot als mooi gemeng is
Kap die ui, tamatie en groen rissie baie fyn op, voeg by eiermengsel, meng goed, hou eenkant

Maak jou pan lekker warm met bietjie olie , rooster die broodjies bruin aan beide kante, haal uit pan , doop in eiermengsel , haal uit en sit eenkant

Bedruip die pan met olie, en bietjie botter en maak pan warm
Giet jou eiermengsel in die pan, en begin bak soos jy omelet sou gaarmaak – tot net begin stol
Sit nou jou gebraaide broodjies in pan, op omelet. sit deksel op vir 2 min, draai versigtig om,
sit deksel terug en braai nog 2 min.

Laat gly uit in bord met hulp van eierspaan, eet dadelik, sit voor met gerasperde kaas en tamatiesous

Leave a Reply

Kom Vry saam en ontmoet jou Lewensmaat!